WATERTAND WENNERS

R175.00

HEERLIKE RESEPTE VIR ELKE SMAAK.

VOORWORD

Watertand Wenners is ‘n resepteboek wat deur Joey Pienaar en Laerskool Totiusdal se kampioenbaksters saamgestel is.

Hierdie is ‘n praktiese resepteboek. Elke resep is fyn bebplan, eenvoudig om te maak en deeglik beproef. Die resepte is nie net bedoel vir die kundigheid van baasbaksters nie, maar vir ‘n ieder en elk wat daarvan hou om lekker kos te maak. Die boek bevat resepte vir diabete en vir diegene wat met allergiee gepla word.

Mag hierdie waardevolle versameling u kennis verryk en die kookkuns vergemaklik.

Joey Pienaar

Out of stock

SKU: 13894 Categories: ,

Description

Saamgestel deur Joey Pienaar en gedruk en gebind deur Paarl Print in 2004. ‘n Hardeband, die Vyfde Uitgawe is in Fyn toestand met ‘n geillustreerde omslag en geen stof om slag. Die groote van die boek is 224x140x38mm.

568 bladsye met indeks. Met kleur fotos en swart en wit tekeninge geillustreer. Skoon en goed gebind. Geen inskripsies aantekeninge of merke.