GESONDHEIDSRESEPPE VIR ELKE GELEENTHEID
R95.00
Gesondheidsreseppe vir elke Geleentheid, dis presies waaroor die bekende mev. Kate de Villiers se jongste boek gaan. Haar reseppe bewys dat om gesond te eet beslis nie beteken om smaakloos te eet nie. Inteendeel.
Deur gebruik te maak van volkoringmeel, maaskaas, maragrien en olie (pleks van vet en botter), suurmelk, karringmelk en veral spysverteringsemels, maak sy seker dat haar smullekker reseppe vandag se groot moordenaar, cholesterol, hokslaan.
Vir watter geleentheid u ook al ‘n resep soek, vir ‘n vleisbraai of die seun op die grens se kospakkie, iewers onder die elf afdelings in hierdie boek sal u die aanwysigings vind om daardie heerlike, maar gesonde gereg of gebak voor te berei. Kate de Villiers is ‘n Vrystater uit Jacobsdal se wereld en haar praktiese kookkuns het reeds dedurende die depressiejare bekendheid en beroemdheid verwerf. Na haar man se dood in 1951 het sy in Kaapstad gaan bly en was sy jarelank ‘n medewerker by ‘n bekende Afrikaanse vrouetydskrif en ‘n koerant se kookkunsafdelings. Haar boek 1000 Beproefde Resepte is landwyd bekend.
Only 1 left in stock
Description
Geskryf deur Kate de Villiers en uitgegee deur Perskor van Kaapstad in 1983. ‘n Hardeband, die Eerste Uitgawe, Eerste druk is in Fyn toestand, met ‘n geïllustreerde omslag en geen stof omslag. Die groote van die boek is 228x152x9mm. ISBN 0628029693.
81 bladsye. nie Geïllustreer. Skoon en goed gebind. Geen aanmerkings, inskrywings of merke.