DIE PRAKTIESE MIKROGOLFOOND-KOOKBOEK

R95.00

FYNPROE MET JOEY

Hierdie boek het sy ontstaan te danke aan die baie klagtes wat ek in verband met die mikrogolfoond ontvang het. Ek gebruik die mikrogolfoond al die die afgelope vyf jaar. Dit het beperkings, maar die voordele is so geweldig dat ‘n positiewe benadering my oortuig het dat daar baie min dinge is wat ek nie in my mikrogolfoond kan voorberei nie.

Gebruik hierdie boek as ‘n hanleiding en berei al die geregte daarin voor en jy sal sodoende leer om enige gereg uit enigeen van jou resepboeke in die mikrogolfoond voor te berei. As jy geleer het hoe lank ‘n gereg moet kook en dat ‘n groter hoeveelheid langer sal neem, het jy driekwart van jou moeilikhede oorkom. Bestudeer en memoriseer hoofstukke 1 – 4. Dit is belangrik om kennis te dra van die algemene kookmetodes en gebruike van die mikrogolf oond. Jy moet ekssperimenteer en vertroud raak met jou oondjie. Skryf maar by elke resep neer hoe lank jy geneem het onthou elekriese strome wissel van plek to plek en algaande sal jy wonder hoe jy ooit sonder hierdie wonderlike hulpmiddel klaar gekom het.

Only 1 left in stock

SKU: 13898 Categories: ,

Description

Geskryf deur Joey Mostert en uitgegee deur Perskor Uitgewery vanaf Kaapstad in 1984. ‘n Hardeband, die Tweede Uitgawe, Tweede druk is in Fyn toestand met ‘n geillustreerde omslag en geen stof om slag. Die groote van die boek is 230x153x14mm. ISBN 0628021178.

135 bladsye met register. Skoon en goed gebind. Geen inskripsies, aantekeninge of merke nie.