PLATSAKGEREGTE

R125.00

Elke vrou wil graag aan haar gesin gesonde, voedsame en smaaklike maaltye voorsit, maar met stygende voedselpryse word dit al moeiliker. Die resepte in hierdie boek het almal een kenmerk gemeen, doodgewone bestanddele word opwindende en interessante geregte. Al die resepte, daar is 236 van hulle, is beproef en weer beproef, omdat die skryfster al jare lank hierdei geregte aan haar gesin voorsit. Op die koop toe is daar ‘n kilojouletabel vir die figuurbewustes, en word daar by elke resep aangedui of en in watter stadium dit bevries kan word.

Platsakgeregte van Marilie Buys is ongetwyfeld ‘n beleging waarmee elke huisvrou die kosbegroting kan laat klop.

Only 1 left in stock

SKU: 13904 Categories: ,

Description

Geskryf deur Marilie Buys en uitgegee deur Perskor vanaf Pretoria af in 1985. ‘n Hardeband, die Eerste Uitgawe, Tweede Druk is in Fyn toestand met ‘n geillustreerde omslag en geen stof omslag. Die groote van die boek is 250x170x14mm. ISBN 0799307130.

209 bladsye met indeks. Geillustreer met swart en wit tekeninge. Skoon en goed gebind. Geen inskripsies, aantekeninge of merke nie.