NUWE FAK SANGBUNDEL
R344.00
VOORWOORD
Hierdie nuwe uitgawe van die tans so bekende Volksangbundel word, net soos die vorige uitgawes, in opdrag van die F.A.K in die lig gegee. Met die nuwe uitgawe het die Volksangbundel sekere wysigings ondergaan. Sommige van die ou liedere, wat nie veel aftrek gekry het nie, is tans weggelaat, terwyl nuwe liedere weer opgeneem is. Die Volksangundel het dus tot op sekere hoogte ‘n vernuwing ondergaan, wat na die oordeel van die F.A.K., deur belangstellendes stellig as ‘n verbetering begroet sal word.
Om die nuwe, verbeterde uitgawe gereed te maak, was voorwaar geen gemaklike taak nie. Tal van ou liedere en nuwe liedere moes bestudeer en oorweeg word; wysies moes krities nagegaan word; ‘n hele aantal gesaghebhendes moes geraadpleeg word, en na lank wit en weeg moes beslissins geneem word. Om dit vir ‘n paar honderd liedere te doen, is moeisame, tydrowende arbeid.
Die F.A.K. sou hierdie werk nooit kon gedoen het as hy nie oor ‘n geesdriftige, bekwame Musiekommissie beskik het nie. …
Out of stock
Description
Saamgestel deur die Redaksiekomitee met Dirkie de Villiers as Hoofredakteur, en uitgegee deur Nasionale Boekhandel vanaf Kaapstad af, in 1970. n’ Harde band die is die Sewende Druk, ‘n nuwe uitgawe. Die boek is in ‘n Baie Goeie toestand met ‘n Baie Goeie sot omslag en is in plastiek bedek. Die groete van die boek is 267x194x30mm.
518 Register ingesluit. Oud Biblioteek boek met al etikette toegeplak of verwyderd.