GEREGTE UIT DIE VRIESKAS

R125.00

‘n Vrieskas is byt uitstek die hulpmiddel wat die taak van die huisvrou om kos op die tafel te kry, ontsaglik kan verlig, mits dit ten beste benut word. Net om te wys wat gedoen kan word. ‘n Vrou wat alleen bly, het as verjaardaggeskenk negentig borde klaar voorbereide kos ontvang, en eensklaps was die sleurwerk van elke aand een bordjie voor te berei, vir byna drie maande uitgeskakel.

Dit is eenvoudig ‘n feit dat dit ewe veel werk en tyd verg om ‘n groot hoeveelheid van ‘n sekere gereg te maak as net ‘n bietjie daarvan. Die res word eenvoudig bevries en kan in ‘n kits voorgesit word. Verby is die dae dat ‘n onverwagte besoeker die verskrikking van die gasvrou was, koel, kalm en selfverseker kan sy nou met haar gaste verkeer omdat die geregte klaar voorberei in die vrieskas slegs op opwarming wag.

Die skryfster het met geesdrif profnemings met uiteenlopende soorte geregte in haar vrieskas gedoen en sy gee goeie raad, nie slegs oor die aankoop en instandhouding van die vrieskas nie, maar ook oor watter soorte kosse heerlik bly na bevriesing en ‘n groot getal reseppe wat juis met die oog op die vrieskas opgestel is. Sy vertel wat ‘n mens in gedagte moet hou by die aankoop in groot maat van vark, bees, en skaapvleis, hoe die karkasse bewerk moet word om maksimale benutting te verseker, en hoe groente, vrugte, gebak, suiwelprodukte  en voorafbereide disse bevries moet word. Dit is eenvoudig verstommend vir hoeveel doeleindes die vrieskas gebruik kan word om die sleur van die daaglikse voedselvoorsiening uit die huisvrou se lewe te haal. Toebroodjies vir die hele maand kan byvoorbeeld op een aand voorberei en bevries word, dit bly heerlik en in die oggende is daar nou meer tyd vir dringender sake.

Cecile Kemp het in die werk haar ondervinding van baie jare met ‘n vrieskas opgeteken, en dit is inderdaad ‘n magdom inligting. Met die gids kan enige vrou soos ‘n veteraan met ‘n vrieskas wegval, en die opwinding geniet van nie elke dag voor die stoof vasgevang te wees nie.

Only 1 left in stock

SKU: 13897 Categories: ,

Description

Geskryf deur Cecile Kemp en uitgegee deur Perskor Uitgewery vanaf Kaapstad in 1980. ‘n Harde band die Tweede druk van die Eerste uitgawe is in Fyn toestand, met ‘n Fyn stof omslage en in plastiek omgetrek. Die groote van die boek is 230x153x14mm. ISBN 0628008678.

135 bladsye met register. Skoon en goed gebind. Geen inskripsies, aantekeninge of merke nie.