BOEREKOS

R195.00

TRADISIONELE SUID-AFRIKAANSE RESEPTE

Uiteindelik is daar ‘n kookboek vir almal vat in die beste Afrikaanse tradisie wil kook. Wat van ‘n heerlike tarentaalsop vooraf, dan allekrik, ‘n tradisionele skaapboud as hoofgereg (of dalk bobotie of birijan), met asynpoeding of druiwepastei om die maal mee te eindig?

Moet ook nie vergeet van die gemmerbier, biltong, sosaties en boerejongens nie. Ook nie van die kerrie-afval, haksel en sult nie. Om van die brandewyntert, koeksisters, kalingbrood en karringmelk beskuit nie eens te praat nie.

Vir almal wat nog goed onthou ho Ma en Ouma se kos gesmaak het, is hierdie boek onmisbaar.

Out of stock

SKU: 13965 Categories: ,

Description

Geskryf deur Dine Van Zyl en uitgegee deur Human & Rousseau vanaf Kaapstad af in 1985. Die Hardeband is in Fyn toestand met ‘n geillustreerde stof omslag. Die grootte van die boek is 249x188x17mm. ISBN 0798119039.

191 bladsye met bladwyser. Deuruit met volkleur fotos geillustreer. Skoon en goed gebind. Geen merke, inskripsies of aanmerkings nie.