WORTERBUCH

R550.00

DEUTSCH – AFRIKAANS, AFRIKAANS-DEUTSCH

VORWOORD

Die eerste verskyning van hierdie woordebooek in 1924 was baanbrekerswerk. Slegs ‘n paar jaar tevore is Afrikaans as een van die amptelike landstale erken en is Duits as studievak by ons hoerskole en universiteite ingevoer. Die steeds toenemende belangstelling in die Duitse taal en kultuur het ‘n handige woordeboek gebiedend noodsaaklik gemaak. Die grondleer hiervan was dr. H.A. Steyn en sy geesdriftiger medewerkers, die bekende onderwysmanne, prof. H.G. Schulze en dr. H. Gutsche. Hul boek wat oorspronklik wir skoliere en studente bedoel was, het in die jare wat gevolg het, so’n sukses geword dat die derde druk in 1938 kon verskyn. Deurdat kollegas, o.w. prof. E. Friedlander, dr. J. Hoge en dr. P. Brandt die samestellers steeds met raad en daad bygestaan het, kon elke druk aansienlik verbeter en uitgebrei word. Na die afsterwe van die grondleer het prof. J. Trumpelmann in sy plek medewerker geword. Prof. H.G. Schulze en hy was verantwoordelik vir die vierde, vyfde en die huidge druk. Die woordeboek het intussen heeltemal by sy oorspronklike omvang verbygegroei en weerspieel die ontwikkeling wat ook die Duitse geesteslewe in ons land ondergaan het. Die hoop word uitgespreek dat dit ook in die toekoms tot hegter bande tussen Suid-Afrika en Duitsland sal bydra.

Only 1 left in stock

SKU: 14008 Categories: , ,

Description

Authored by H.G. Schultze and G.P.J. Trumpelmann. Published by Van Schaik of Pretoria in 1969. Hard cover bound this 6th Edition copy is in Fine condition and covered in plastic. The size of the book is 237x158x48mm.

833 pp. Top edge green/ boonste rand groen. Xtra posgeld na buiterlandse bestemmings kan verwag word.