SASOL 1950-1975

R300.00

VOORWOORD

Om ‘n dorp se geskiedenis te skryf, kan baie probleme oplewer, soos ek ondervind het toe ek my tuisdorp Molteno se geskiednis aangeteken hte. Om die geskiedenis van ‘n groot nywerheidsonderneming en sy dorp te skryf, lewer besondere probleme op. hierdie boek is op stuk van sake nie net vir die mense van Sasol en Sasolburg geskryf nie, dit gaan om ‘n Suid-Afrikaanse sukseverhaal wat landswye belangstelling behoort te wek.

Die boek is in opdrag geskryf om met Sasol se 25ste verjaardag in September 1975 saam te val. ‘n Tydperk van 25 jaar is natuurlik slegs ‘n  hoofstuk in ‘n geskiedenis, indien nie net ‘n paragraaf of ‘n sin nie, maaar dit is belangrik beskou om die geskiedenis nou aan te teken terwyl so baie mense wat daarby betrokke was nog in die lewe en in sommige gevaale baie aktief is.

Hierdie mense het heelhartig met my saamgewerk, my van raad bedien en ‘n groot hoevelheid stof tot my beskikking gestel. Baie ander, te veel om op te noem, het op verskillende maniere gehelp, en ek betuig my dank aan almal by Sasol en op Sasolburg wat die skryf van die boek moontlik gemmak het.

Ek het die taak met eerbied en waardering verrig, want ek dink die Sasol verhaal is uniek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Only 1 left in stock

SKU: 14395 Category:

Description

Geskryf deur Johannes Meintjes en uitgegee deur Tafelberg vanaf Kaapstad af, in 1975. ‘n Harde band die kopie is in Fyn toestand in plastiek omhels en sonder ‘n stofom slag. Die grotte van die boek is 246x162x14mm, met 184 bladsye.

Lyk Ongelees. Titel in silwer op ruggraat en voor. Teks in Afrikaans. Fotos in s&w.