GROOT KOOKBOEK VIR DIABETE

R140.00

MEER AS 300 RESEPTE, ONTWIKKEL EN GETOETS DEUR GEREGISTREERDE DIEETKUNDIGES.

Diabetes of verwante voedingsproleme hoef niemand tot ‘n smaaklose dieet te verdeom nie. Op versoek van talle pasiente bied drie geresgistreerde dieetkundiges hier meer as 300 smaaklike resepte wat met veiligheid deur die hele gesin geniet kan word.

Groot Kookboek vir Diabete is ‘n omvattende kookboek met ‘n verskeidenheid resepte vir: ontbytgeregte, voorgeregte, sop, proteiengeregte vir ligte en hoofmaaltye, styselgeregte, groente, slaaie, nageregte, koeke, vulsels en smere, souse, dranke, resepte vir spesiale geleenthede.

Die boek bevat noodsaklike voedinkundige inligting vir die kok en verstrek belangrike voedingstofanalises per porsie.

Groot Kookboek vir diabete: die hoeveselrespteboek vir die hele gesin is die antwoord vir elkeen wat smaaklike en veilige geregte wil voorsit.

Out of stock

SKU: 13887 Categories: ,

Description

Geskryf deur Hilda Lategan, Etta Menssink en Magriet Meyer. Gepubliseer deur J.L. van Schaik van Pretoria in 1994. ‘n Sagte, band die copie is in Fyn toestand, met ‘n geillustrede omslag, in plastiek omhels en sonder ‘n stof omslag. Die grootte van die boek is 242x169x17mm. ISBN 0627019692.

257 bladsye, insluitend ‘n bladwyser. Geillustreer met 8 bladsye kleur foto’s.