BREI

R300.00

DIE VOLLEDIGE GIDS VIR HANDBREIERS

Montse Stanley ken al die geheime van haaar vak en toon in die boek op praktiese wyse hoe die vanglekke vermy kan word. Haar deeglike rigtingwysers sorg dat leergieriges telkens ‘n keuse maak wat by hul bedrewenheid pas. Groentjies hoef nie verlore te voel tussen al die feite nie; spesiale riglyne en aanwysings hou hulle altoos op die regte pad. Terselfdertyd word meer bedrewe breiers steeds verras oor hoeweel daar nog te leer is. Baie van die kennis wat Montse Stanley uit talryke bronne en werelddele versamel het, werskyn hier vir die eerste keer in druk.

Die gebruikswaarde wan Brei: Die Volledige Gids vir Haandbreiers word verhoog deur die meer as 50 kleursketse wat die aanwysings stap vir stap telig, die gidse wat die  keuse van die regte tegniek vergemaklik, die deeglike kruisverwysings en die omvattende indeks.

Only 1 left in stock

SKU: 14349 Categories: , ,

Description

Geskryf deur Montse Stanley en uitgegee deur Delos vanaf Kaapstad af in 1990. ‘n Hardeband, die Eerste Uitgawe in Afrikaans, die kopie is in ‘n  Fyn toestand met ‘n geillustreerde omslag. Die grootte is 246x193x28mm, met 282 bladsye met die index. ISBN 9781868260720. Geillustreer met sketse en patrone.