VRUGTEHEERLIKHEID

R95.00

INLEIDING

Vrugte moet nooit beskou word as slegs ‘n lekkerny, peuselkossie of ‘n ietsie om die maaltyd mee af te sluit as Ma nie tyd gehad het om nagereg te maak nie. Daar is niks mee verkeerd om vrugte as nagereg voor te sit nie, maar dit kan verwerk word en sy plek vol staan op elke gang, van die spsykaart. Deur vrugte ook in ‘n verskeidenheid geregte te gebruik, voorkom ‘n mens die moontlikheid dat die husgenote uitgeeet raak aan vrugte in sy natuurlike vorm. Vrugte is propvol vitamines. Baie vrugte bevat mineraalelemente en avokado;s en neute bevat vette en proteine. Trouens, daar is wetenskaplik bewys dat ‘n mens lang tydperke van vrugte en neute alleen kan lewe.

Sitrusvrugte is almal ryk aan vitamine C wat onontbeerlik vir ‘n gesonde liggam is. Dit bevorder weerstand teen infeksie. Daarby help dit om die mond en tandvleis gesond te hou en om die selle in die liggaam saam te voeg tot weefsel of been. Dit verrig ook ‘n belangrike funksie by die vorming van rooi bloedselle in die beenmurg.

Verder werk die vitamine C van sitrusvrugte verkoues tee. Vir ‘n slegte verkoue is daar min medisyne wat doeltreffender is as ‘n warm drankie bestaande uit suurlemoensap, heuning en ‘n sopie brandewyn.

Appels is een van die waardevolste vrugtesoorte. Daar is feitlik geen einde aan die geregte waarin dit gebruk kan word nie. Dit is dwarsdeur die jaar beskikbaar en bevat mineraalelemente en vitamines. Die voedingswaarde van piesangs, vars of gedroog, is baie hoog, so hoog dat dit ‘n volledige maal kan wees. Geleerdes het byvoorbeeld verklaar dat as daar geen koring, gars, rog, mielies of sorghum beskikbaar is nie, piesangs hul plek kan volstaan. Groen piesangs kan op dieselfde manier as patats gaargemaak en opgedien word. Droevrugte is ‘n gekonsentreerde voedsel en bevat van vyftig persent tot sewentig persent verteerbare glukose en fruktose. Die vesels en die suur wat dit bevat, stimuleer die spsyvertering en voorkom hardlywigheid. Gewawelde droevrugte behou die meeste van hul vitamine C inhoud. Droevrugte, gereeld in hulle dieet het ‘n wonderlike uitwerking op die probleemvelle van tienderjariges.

Only 1 left in stock

SKU: 13899 Categories: ,

Description

Geskry deur Joey Mostert en uitgegee deur Perskor Uitgewery vanaf Johannesburg in 1977. ‘n Hardeband die Eerste Uitgawe, Eerste Druk is in Fyn toestand met ‘n geillustreerde omslag en geen stof omslag. Die groote van die boek is 229x152x11mm. ISBN 0628011814.

98 bladsye. Skoon en goed gebind. Geen inskripsies, aantekeninge of merke nie. Blaaie het effens begin vergeel.