STELLENBOSCH DRIE EEUE

R600.00

Stellenbosch herdenk in 1979 sy 300 jarige bestaan.

By hierdie eenmalige geleentheid verksyn Stellenbosch Drie Eeue, spesiaal nagevors en saamgestel as blywende hulde aan die verlede van ons oudste dorp. Die gedenkpublikasie, een van die belangrikste bydraes tot die feesvierings, is in opdrag van die Stellenbosse Stadsraad deur ‘n span van 35 deskundiges geskryf om die geskiedenis van die dorp en distrik in al sy fasette te boekstaaf. Dit is ryklik geillustreer en bevat historiese materiaal vaarvan die meeste nog nooit voorheen gepubliseer is nie, onder meer Schumacher-akwarelle van 1776 in kleur, geskiedkunige kaarte en die eerste Stellenbosse groundbriewe wat terugdateer tot 1686.

Die boek vertel hoe hierdie mooi vallei  geleidelik oor honderde miljoene jare gevorm is, van die plante en dierelewe, van sy Steentydperk inwoners en die vestiging van die eerste Europese koloniste. Dit beeld op boeinde wyse uit hoe hierdie rustige boeregmeenskappie tot ‘n welige universiteitstad gegroei het, hoe die mense van Stellenbosch in die loop van jare geleer het om hulself en die utgestrekte binneland vanuit die geregshuis op ‘n eilandjie in die Eersterivier te bestuur; hoe die eerste permanente Christelike kerk in Suid Afrika hier gebou is; hoe die inwoners van die begin af gesteld was op die opvoeding van hul kinders en hoe hulle in die kommando stelsel wat hier onstaan het militere weerbaarheid geleer het.

Boere van Adam Tas to John X. Merriman, onderwysers van Sybrand Mancadan tot Paul Roos, dominees van Pierre Simond to J.H. Neethling en tientalle ander kleuryke figure wat Stellenbosch help vorm het, beweeg in die bladsye van hierdie boek voor die geestesoog verby.

Ook word vertel hoe, nadat die dorp sy leierskap op administratiewe gebied na anderhalf een moes afstaan, sy inwoners die inisiatief geneem het om dit te herwin, hierdie maal op opvoedkundige gebied.

Vir baie versinnebeeld die Eikestad vandag ook die bewaring van ons kultuurhisoiese erfenis sowel as leierskap op sport gebied, aspekte wat eweneemsuit voerig behandel word in hierdie nuwe standarwek oor Stellenbosch

Out of stock

SKU: 009945 Categories: , ,

Description

Uitgegee deur die Stadsraad van Stellenbosch in 1979. Ontwerp deur W.D. Malherbe. Die Eerste Afrikaanse Uitgawe is in Fyn toestand, bedek met plastiek en met n’ Goeie stof om slag. Die grotte van die boek is 302x224x35mm. ISBN 0620039108. Stofomslag is effens geslyt agter; toe-geplakte gapings te kop en stert van rugraat en al 4 hoeke; toe geplakte skeur 65mm. Eindpapiere (skutblaaie) ge-illustrierd in sepia; 464 bladsye indeks ingesluit; 270 teks fotos in s&w. Verwag asb ekstra posgeld.