ONTHAAL MET SMAAK
R115.00
Met Onthaal met smaak het Bettie Theron ‘n spesifieke del om die brou wat graag wil onthaal, ‘n waarlik prakktiese handleiding in die hand te gee. Sy weet dat talle blykbaar onoorkomelike probleme die onervare gasvrou se entoesiasme gou weer laat kwyn.
Op die gebied van spyseniering en onthaal het mev. Theron eerstehande ondervinding en sy deel haar kennis onvoorwaardelik met die leser. Van die vonkelwynontbyt, deur die veelsy dige kaas en wyn onthaal, tot by die verskillende fondues en vleis braaie gee sy feitelike riglyne, waardevolle wenke en lekker resepte. Die etiket van die formele dinee word in besonderhede bespreek: hoe om die tafel te dek, die plasing van die gaste, die aanbieding en opdiening van die verkillende gange. Sy gee hoeveelhede vir 100 gaste, spyskaartvoorbeelde, en vertel die besige huisvrou hoe om ‘n vinnige onthaal te beplan uit blikkies, foelie of die vrieskas.
Weet u hoe die poedinglepel en vurk dedek word? of Hoe lank voor die geboorte of troue ‘n ooievaars en kombuistee gereel word? Weet u presie wat ‘n rystafel of smorgasbord behels? Sal u graag ‘n wors en bier aand wil hou, of ‘n buurvrou wil nooi vir ‘n deftige tee vir twe? Wonder u wat is die korrekte optrede vir ouers by ‘n tiener of mondigwordings party? Onthaal met smaak het al die antwoorde en vele meer. Dit is ‘n boek waarby elke gasvrou, ervare of nie, groot baat sal vind en waarna sy altyd met vertroue kan terugverwys ivir interessante afwisseling.
Only 1 left in stock