SUID-AFRIKA WAARHEEN 13130
R145.00
VOORWOORD
Uit die inhoud van hierdie geskrif sal dit blyk dat ek my as Afikaansprekende Afrikaner tot my mede-Afrikaners rig. Dit beteken egter nie dat die grootste gedeelte van wat gese word, nie ook op Engelsprekende mede-Afrikaners van toepassing is nie.
Ons belewe sulke ernstige tye dat dit byna as n misdaad beskou kan word as elkeen wat meen dat hy n boodskap het, dit nie uitspreek nie, en ook gou uitspreek nie. Die vraag is of dit nie al te laat is om n ander rigting in te slaan nie. Nogtans gaan hierdie werkie in die geloof uit, in die oortuiging, dat geen mens in staat is om te se wanneer dit in die gekiedenis te laat is nie.
Al wat ek van my leser wil vra, is dat hulle met n ope gemoed sal verneem wat ek se, en dat hulle in hulle kritiek, want dit sal daar stelig wees, nie die onvrugbare weg sal volg om hierde beskouinge by die een of ander -isme in te deel en dan maar links te laat le nie, maar met kapittel en vers sal aantoon waar ek gedwaal het in my beskeie poging om in ons rasseverhoudinge die christelikke weg aan te wys. Alleen langs hierdie weg sal die gesprek oor on grootste probleem vrugbaar kan wees, en die oplossing waarna ons almal soek, nader gebring word.
B.B. Keet Stellenbosch, Oct 1955.
Out of stock