GESKENKE UIT DIE HUIS
R206.00
‘N BOEK PROPVOL IDEES OM TE GEE
Hier is now waarlik ‘n heerlike boek propvol idees vir geskenke wat tuis gemaak kan word. Dit gebeur dikwels dat ‘n mens iemand na aan jou ‘n baie spesiale geskenk wil gee. Nie iets wat in ‘n winkel gekoop is nie, want dit se nie werklik wat jy voel nie. Die antwoord is om dit self te maak, en hierdie boek wys hoe. Daar is geskenke uit die kombuis, geskenke uit die tuin, geskenke met naald en garing, geskenke met kwas en verf. Hoe om elke geskenk te maak, word noukeuring stap vir stap verduidelik deur middel van ‘ n helder verduidlikende teks en lyntekeninge, en die resultaat is feitlik gewaarborg. Anika Pretorius is ‘n oud-onderwyseres wat haar nou toespits op die maak van geskenke vir familie en vriende. Dit is ‘n belangstelling wat kom van haar kinderdae in ‘n huis waar Ma en Ouma gedurig besig was met handwerk. Veral na die geboorte van haar eerste baba hou sy haar tuis besig met handwerk, asook privaat onderrig in wiskunde.
Out of stock