DIE KAAPSE GEWEERSMID

R625.00

Hierdie is die derde publikasie in die museum se Kaapse reeks. Die Kaapse Geweersmid handel oor ‘n ander aspek van ons geskiedenis, naamlik die baanbrekerswerk wat die vroe geweersmids en handelaars in ons land verrig het. Die kleurvolle en veelbewoe lewens van somige van hierdie persone word op boeinde wyse geskets terwyl besondere aandag ook gewy word aan die vuurwapens wat deur hulle gemonteer of van die hand gesit is.

Jarelange navorsing het ‘n magdom van interessante feite aan die lig gebring omtrent die persone wat vuurwapens voorsien het aan die Voortrekkers, die vermaarde grootwildjagters, die kommando’s in die Vrywilligersregimente wat tussen die jare 1800 en 1900 in die Grensoorloe diens gedoen het. Die boek bevat foto’s van sommige van die seldsaamste en beroemdste vuurwapens in Suid Afrika.

Only 1 left in stock

SKU: 14308 Categories: , , ,

Description

Geskryf deur Barry M. Berkovitch en uitgegee deur die Stellenbosch Museum in 1977. Hierdie Eerste Uitgawe is in Fyn toestand, met n Fyn stofomslag en in plastiek bedek. Die grootte van die boek is 274x209x14mm, met 131 bladsye insluitend bronne en appendix. ISBN 062000682X.

Skoon en goed gebind. Geen inskripsies aanmerkings of merke. Dwaarsdeur in swart en wit fotos geillustreer.