AFRIKAANSE SINTAKSIS VIR VOORGRAADSE STUDENTE
R125.00
VOORWOORD
Die sintaktiese vlak in taalbeskrywing staan die afgelope drie dekades in die teoretiese brandpunt van taalondersoek dwarsoor die wereld. Daar word geglo dat geen sinvolle ondersoek van taal onderneem kan word sonder ‘n deeglike beskrywing van sintaksis nie.
In 1979 verskyn F.A. Ponelis se Afrikaanse sintaksis wat allerwee as ‘n standaardwerk beskou word op die gebied van die sinsleer. By die skryf van Afrikaanse sintaksis vir voorgraadse studente is wel deeglik rekening gehou me t Ponelis se werk. Uit die rykdom van gegewens het Botha belangrike temas uitgleig en verdere ondersoek sodat ‘n eie stem duidelik opklink uit die boek.
As die werk van ‘n ervare taaldosent op sekondere sowel as tersiere vlak is Afrikaanse sintaksis vir voorgraads studente die kulminasie van jarelange besinning oor die behoeftes van studente by die bestudering van sintaksis. Die leser word met verdrag vertroud gemaak met die geheimenisse van die sinsbou. Hierdie boek is by uitnemendheid geskik vir onderwysers en onderwysstudente wat Afrikaans as leeropdrag het, maar bied ook baie aan hulle wat die belange van Afrikaans op die hart dra.
Dit is vir my aangenaam om die skrywer vreugde na harde arbeid in ‘n dankbare leserspubliek toe te wens. G.J. de Klerk.
Out of stock